Koopgroepe

Wil u graag GroenGetrou produkte bekom, maar dit is te ver om te kom kuier op die plaas en te veel van ‘n risiko om bevrore en vars produkte per koerier te laat aflewer?

         Die antwoord: Koopgroepe!

Toe ‘n klompie mense binne een distrik GroenGetrou produkte wou aankoop, het die behoefte vir ‘n gemeenskaplike aflaai- en oplaaipunt ontstaan. Pos- en koerierdienste werk goed vir nie-bederfbare produkte, maar vir bevrore en bederfbare goedere is dit egter nie wenslik nie.

Die doel van koopgroepe is om GroenGetrou produkte direk aan ‘n plaaslike gemeenskap te lewer, sonder enige middelman of selfs koerierdienste.

Sodra ons genoeg bestellings van een koopgroep het, lewer ons gratis af by ‘n aangewysde adres, op spesifieke datums en tye.

Sny die koerierkoste en word deel van die GroenGetrou koopgroep in u area!

Begin ‘n koopgroep in u tuisdorp! Kontak ons vir meer inligting.

Hoe werk 'n Koopgroep?

1.

 

Plaas u bestelling so vroeg as 60 tot so laat as 3 dae voor die afleweringsdatum. Vroegtydige bestellings verseker dat ons genoegsame en vars voorraad aan ons kliënte kan bied.

2.

 

Ons verkies elektroniese inbetalings met die plaas van bestellings. Die bewys van betaling word aan Tindie gestuur en daarna word die bestelling verpak. Kontantbetalings word wel aanvaar, hetsy daar vooraf met ons gereël word.

3.

 

As u ‘n bestelling geplaas het, sal ons u in kennis stel van die afleweringsdatum in u area. Ons sal u ook die dag voor aflewering herinner deur die afleweringsadres en -tyd te bevestig.

4.

 

 
Bring ‘n koelhouer saam vir die vervoer van u bevrore of ander bederfbare produkte
 

5.

 

 
Maak seker dat u u volledige bestelling ontvang het, voordat u vertrek.
 

6.

 

Bederfbare produkte is ten volle betaalbaar, al word dit nie afgehaal nie.

‘n Fooi van R50.00 word ook gehef vir elke ander pakkie wat nie opgetel word nie. Wees asseblief betyds.

7.

 

 
Geniet
die goeie!
 

GroenGetrou Koopgroepe

Bloemfontein, Vrystaat: Elke 4 – 8 weke

Boshof, Vrystaat: Elke week

Kimberley, Noord-Kaap: Elke 2 – 4 weke

Orania, Noord-Kaap: Elke 8 – 12 weke

© 2018 GroenGetrou