My ma is besig om julle blok botter te verslind. Sy sit sulke hompe op ‘n broodjie en sê dit is baie lekker!
- Tanya de Wet, Boshof
============
Die botter is heerlik verby. Ek lief dit! Dít deel jy met niemand nie.
- Lettie Goosen, Safari Bakkery
=============
My kinders dink die heuning is hoe heuning eendag in die hemel gaan proe!
- Renate Janse van Rensburg, Bloemfontein (16 Julie 2020)
=============
Wil net sê dat julle lamsvleis en die lewer amazing is! Ek love die vet, en die lewer is so smaakvol!
- Amelia Raath (29 April 2020)
=============
Liewe Tindie, Ek wil julle net laat weet hoe dankbaar is ek vir die hoender en heuning wat ek net voor die grendelstaat by julle gekry het. Dit is nou vir my ‘n ware redding. Goeie kos wat ek by my het. Baie baie dankie. Cornelia
(14 April 2020)
==============
Thank you for my awesome eggs and honey!! - Clare Hubbart, Kimberley, 5 Feb. 2020
==============
Baie dankie vir die produkte en julle bydraes tot ons gesondheid! Baie seën.
- Bloemfontein kliënt. 18 Februarie 2020.
==============
Ek het my maalvleis gekry en kan nie wag om daarvan te eet nie! Jul verpakking is so netjies en mooi.
- Lize Cloete, Orania
===============
Klara is mal oor die heuning!
- Nadine Deyzel, Ma van 2, Kimberley
===============
Ek moet jou vertel ... My dogtertjie van 6 vertel vanaand vir my oorlede skoonpa se buurman dat die eiers wat ons eet GEEL is. Dit is GROENgetrou se eier, maar dit is geel! Want die hoenders lewe lekker.
- Mamma van Klara, Bloemfontein
===============
Vir die eerste keer in jare is ek platgetrek met griep en 2 van my 3 kinders ook. Ek koop toe by Estherea vir my Koeksoda en Vitamine C. Mens, dankie vir julle wonderlike produk!!!!
- Margret Botha,
Eienaar van Karmel Organiese Babakos en Moeder van drie, Bloemfontein Februarie 2019
==================
Ek was die naweek saam met Lindie gewees en sy het toe van julle Kaas & Macon wors daar uitgehaal en was toe so gaaf om met ons te deel ... WOW!!! Dit was nou die eerste keer wat ek daarvan geëet het en ek moet sê dit was regtig vreeeeeeslik lekker gewees. Julle mag maar!!! Baie komplimente aan julle!!
Stephnie Joubert, Vanderbijlpark, Februarie 2018
==================
Ek het nou van die hoenderdye in die oond. Ek en my ma kry nie genoeg van die hoender nie. My pa hou nie eers van hoender nie, maar hy eet sy vingers af aan die lekker hoender en veral worsies!
Lindie van Straten, Vaalpark, Februarie 2018
==================
Julle heuning is die lekkerste heuning denkbaar! GroenGetrou eiers is vars! Sal julle altyd ondersteun. Die Weiveld Hoender smaak vorentoe!
J Raath, Bloemfontein, Desember 2018
==================
My emalje bad is ‘n slaggie skoon en my stortglas kan ek deur sien. Nie eers die chemiese middels het gewerk nie.
Estelle Naudé, Moeder van 7, Orania. November 2018
==================
Voor ek wegval, wil ek net eers vir julle sê: Dit is altyd vir my so lekker om ‘n boodskap van julle te ontvang, want, ag ek verluister my so aan die Afrikaans! Ek moet sê, ek het twee keer na die boodskap geluister. So ja, dit maak my opgewonde dat daar mense is wat nog so suiwer Afrikaans praat ...
Marinda, Kunstenaar, Kimberley, Oktober 2018
==================
Ek moet vir jou sê ons is baie beïndruk met jul hoenders. Dit is regtig vir my die moeite werd. As ek ‘n redelik groot heel hoender gaarmaak, eet ons tot 5 keer daaraan en elke keer is daar nog wat oorbly ook. As ek dit vergelyk met ander hoender wat ek al in die verlede gaargemaak het, eet ons miskien 2 keer daaraan en dan is dit heeltemal op.
Salomé de la Rey, Landboukundige en Huisvrou, Oktober 2018
==================
Baie dankie vir die wors. Johan was verheug en ons moes dit vir aandete maak. Dit bly die lekkerste hoenderwors wat ons nog geëet het.
Annette Louw, Boervrou, Orania, September 2018
==================
Ag weet jy dit is heerlik om julle pakkie te ontvang! Dit voel soos op Universiteit as jou ma vir jou beskuit stuur!!!! Dankie dankie!
Elmanda Fourie, Arbeidsterapeut, Upington, Julie 2018
==================
Dit is ‘n pragtige logo! Dis werklik pragtig en goed ... en sê alles van jou gesin en bedryf. Mooi, opreg, eerlik en gesond ... en tot eer van ons Vader.
Annelize Viljoen, Moeder en ouma, Orania, September 2017
=================
Ek wil vir jou en vir jou man baie, baie dankie sê vir dit wat julle verander in my lewe, want dit is “bleddie goed”, moet ek sê. Om gesonder te lewe, maak regtig ‘n grote verskil in ‘n mens se menswees en hoe jy voel.
AC Jacobs, Vrystaatse Boervrou, September 2017
=================