Maandag, 25 Januarie 2021 14:15

Rou Heuning: 6 geure!

Heuningbye werk op verskillende plekke en by allerhande soorte bloeisels deur die jaar. Die heuning word geoes nadat die bye sekere areas bestuif het, vandaar die verskeidenheid geure. Heuning se natuurlike smaak en tekstuur verskil.

Dit maak elke druppel uniek!

 

Heuning word geniet as 'n soet bestanddeel in voedsel en drankies, maar word ook medisinaal gebruik as teenmiddel, salf op wonde, in gesigbehandelinge en meer. Dit bevat antibakteriese, antiseptiese en anti-inflammatoriese komponente. Heuning versterk die immuunstelsel en kan dus help om infeksie, virusse en bakterieë te beveg. Dit is ryk aan anti-oksidante, vitamines en minerale wat 'n string voordele inhou!

 

Rou heuning word nie verhit nie.

Só word waardevolle ensieme en kwaliteite in die heuning behou.