Saterdag, 27 Februarie 2021 14:21

Olywe, Feta & Roosmaryn Hoenderwors!

Soos met al ons worssoorte, gebruik ons geen MSG, tafelsout, suiker of bestraalde kruie/speserye nie.

Geen sintetiese derms word gebruik nie.

Die bestanddele is van hoë gehalte en so gesond as moontlik, so natuurlik as moontlik en so lekker as moontlik!

 

Die wors is gou om gaar te maak: oor die kole, in 'n pan, of in die oond. Die smaak is fantasties: warm én koud!

Nooit weer hoef mens na 'n ongesonde "vienna" in die yskas te gryp nie.

 

Weiveld Hoender wors se verskeidenheid geure bied 'n gunsteling vir elke huisgenoot!

 

Die pakkies weeg +/- 500 gram elk.

Prys: R135.00 per kg.

Voorraad is beperk.