Sonop is met sonop gebore!

“Môre, Liefie! Kyk wat kry ek met sonop.”

Hendrik draai sy foonskerm na my en toe sien ek die mooiste, mooiste prentjie: Ons Koekies-ooi het 'n ramlam gehad! Op 21 April 2021 is Sonop gebore.

Dit is genoeg om 'n mens se dag te maak.