Kommentare

Ons eet vanaand GroenGetrou se skaapnek en skenkels met groente. Dit is lip-aflek-lekker!

- Tevrede kliënt van die Vrystaat

Vanmiddag se ete was 'n GroenGetrou-kuikenburger.
Sjoe! Wat 'n aangename ervaring! Daardie “patty” het groter geword in die pan, nie soos gekoopte winkelpatties wat krimp nie!!
Dis 'n bielie van 'n burger!

- Badenhorst huis, Bloemfontein

Ek is mal oor jul soutvleis. Die smaak is "amazing"!

- Amelia Raath (15 November 2020)

Baie dankie vir my sitronella wierook ... Ek het dit gisteraand in ons kamer gebrand, want manlief het die ruite oop vergeet! (Dit werk uitstekend teen muskiete!)

- Liewer anoniem, van Orania ;-)

Dis altyd so lekker om my GroenGetrou pakkies te kry! Jul verpakking is sooo mooie en alles is uit die boonste rakke lekker!

- Lize, Boervrou en moeder van 2

I really wish you guys all the best with your business. The world needs more of this.

- Lauren Ahn, Kimberley

GroenGetrou is awesome!

- Sara Sparks, Environmental Practitioner (September 2020)

Die uieheuning is 'n reuse "blessing". Vir my is dit baie lekker. Ek hou gewoonlik nie van té soet goed nie. Hierdie is vir my besonder lekker omdat dit nie so verskriklik soet is nie. Ek is seker ons sal dit op vele manier kan gebruik. Vanoggend gaan ek vir my 'n heerlike roosterbroodjie met die uieheuning op maak.

- Estelle

I am soooo addicted to this onion honey!! It's amazing!! I've had some on my sourdough toast every day this week ????

- Clare Hubbart, Cake Couture Devine, Kimberley

Môre Tindie! Ek wil net vir jou en Hendrik ’n groot kompliment gee vir daai pragtige hoender. Dit is die heerlikste vleis. Ons het die hoenderboude vir die eerste keer gisteraand gaargemaak ... en (ek moes dit eintlik afgeneem het) my gesin was verstom oor die grootte van die porsies! Dit was smaaklike en lieflike kos. Dit is top-top-topgehalte! Ek kan nie vir jou sê hoe aangenaam verras ek was nie. Die smaak was fantasties! Daardie hoender kook nie eers weg nie. Dit was ongelooflik lekker. Well done vir julle twee! Ek kan julle vir enigeen aanbeveel.
– Mev. Botha, Bloemfontein