Kommentare

"Die eiers wat julle afgelewer het was beeldskoon en het julle seker baie en besonders geseënd laat voel, nè? Ek sou nooit kon dink dat ek so verlief op 'n mooi, gesonde eier sou raak en dit selfs beeldskoon noem nie. Dit lê so koel, sterk en seker in 'n mens se hand dat my hart sommer vol word en ek Abba prys vir Sy skepping. ?" - Christine Engelbrecht, Bloemfontein

"Ag, julle skaap is delicious!!!!!" - Petru Wolmarans, Kimberley

"Ek wil maar net sê dat julle heuning my gelukkig maak." - Amelia

Ek wil net graag vir julle dankie sê. Julle hoender is regtig baie skoon, sonder enige vere of die fyn haartjies. Ek moet altyd my gekoopte hoender met 'n vlam skoonmaak, maar met julle hoender is dit nie nodig nie. Weereens dankie vir die skoon hoender. Julle is ook baie meer ferm en baie smaaklik, want hulle is nie vol water gespuit nie.

- Lientjie Venter

Ons eet vanaand GroenGetrou se skaapnek en skenkels met groente. Dit is lip-aflek-lekker!

- Tevrede kliënt van die Vrystaat

Vanmiddag se ete was 'n GroenGetrou-kuikenburger.
Sjoe! Wat 'n aangename ervaring! Daardie “patty” het groter geword in die pan, nie soos gekoopte winkelpatties wat krimp nie!!
Dis 'n bielie van 'n burger!

- Badenhorst huis, Bloemfontein

Ek is mal oor jul soutvleis. Die smaak is "amazing"!

- Amelia Raath (15 November 2020)

Baie dankie vir my sitronella wierook ... Ek het dit gisteraand in ons kamer gebrand, want manlief het die ruite oop vergeet! (Dit werk uitstekend teen muskiete!)

- Liewer anoniem, van Orania ;-)

Dis altyd so lekker om my GroenGetrou pakkies te kry! Jul verpakking is sooo mooie en alles is uit die boonste rakke lekker!

- Lize, Boervrou en moeder van 2

I really wish you guys all the best with your business. The world needs more of this.

- Lauren Ahn, Kimberley

Bladsy 1 van 2